Volg Leanne du Preez en 'n groep Huisgenoot-lesers se vordering hier: 

22 Augustus 2011: 

Die projek is nou op dreef! Inskrywings het reeds gesluit.

Almal wat wel  ingeskryf het sal vandeesweek nog ‘n e-pos kry met instruksies oor wat om volgende te doen.

‘n Span kundiges staan ook gereed om Leanne du Preez te help om meer as 100 kg te verloor. Eers gaan sy vir ‘n rits mediese toetse gaan en dan gaan ‘n dieetkundige en ‘n biokinetikus vir haar ‘n verslankingsprogram uitwerk.

1 September 2011:

Soos julle weet het die inskrywings vir die projek lankal reeds gesluit. Almal wat ingeskryf het, het nou ‘n registrasievorm ontvang wat deur hulle dokters geteken moet word.

’n Mediese sertifikaat moet ook aangeheg word. Hierdie vorms moet voor 19 September aan ons teruggestuur word.

Ons sal daarna al die aansoeke verwerk en julle dan van die volgende stappe laat weet. As jy vrae het, bel Petronél tussen 14:00 en 16:00 op werksdae by: (021) 406 4623

KLIK HIER of gaan na ons spesiale FACEBOOK-blad Klop die Skaal/Beat the Bulge vir die eetplan en volg terselfdertyd Leanne se vordering.