Meer as agt jaar na´ die onopgeloste moord op sy enigste kind, die pragtige, briljante Inge Lotz, verwag mense hy moet moedig met die lewe aangaan. “Mense se^ ek moet die boek toemaak en klaarmaak met die verlede, maar hoe kan ek ’n boek toemaak wat ek nie verstaan nie?” vra Jan Lotz. Die lang, fors man kyk op van die doku­ mente op die koffietafel in sy kantoor met dieselfde opvallende blou oe¨ wat ’n mens met die jare op foto’s in die media van ’n blonde, glimlaggende Inge getref het. Maar sy gesig is strak, die lyne van smart diep om sy mondhoeke gekeep.

Niemand is nog skuldig bevind aan die wrede moord wat die land geruk het nie.

Niemand is nog skuldig bevind aan die wrede moord op 16 Maart 2005 wat die land geruk het nie. Fred van der Vyver, Inge se destydse aktuariske^rel, is wel van haar moord aangekla, maar in 2007 na´ ’n op­ spraakwekkende verhoor van 10 maande vrygespreek.

Pleks van die boek toemaak terwyl hy nog met soveel onbeantwoorde vrae oor sy dogter se dood worstel, is Jan besig met ’n nuwe hoofstuk in die voortslepende moordsage.

Lees Almarie Wessels se artikel in Huisgenot 28 November 2013

Hooffoto: GALLO IMAGES/FOTO24/NASIEF MANIEInset: Verskaf