In hierdie wonderlike, maklike pastagereg van Checkers is drie kase beter as een. Kikker dit op met spek en sampioene of geniet dit net so in al sy kaserige glorie.

three-cheese-pasta_COPY PIC

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • Macaroni-pasta
  • Cheddar-kaas
  • Feta-kaas
  • Halloumi-kaasstroke
  • Sampioene (opsioneel)
  • Spek (opsioneel)
  • Klaargemaakte kaassous (enige soort)
  • Tamatie
  • ’n Italiaanse slaai (opsioneel)

So maak jy:

Bring ’n pot water tot kookpunt en sit die pasta in. Voeg ’n eetlepel olyfolie by sodat die pasta nie aanmekaarkleef nie. Dreineer die pasta sodra dit gaar is. Sit dit in ’n oondbak en meng die res van die bestanddele by. (Sit die pangebraaide sampioene en spek by indien verkies.) Sny die tamatie in skywe en pak bo-op saam met die gerasperde kaas van jou keuse. Bak 30 min. teen 200 °C of tot die kaas gesmelt het. Sit voor saam met ’n Italiaanse slaai.

  • Hierdie resep is deur Jaun Laubscher saamgestel en vir Checkers gedoen deur Your Little Blog. Die foto is deur Vörsprung Studio. Klik hier vir nog heerlike Checkers-resepte.

Lees ook: