Die internet gons ná Justin Bieber ’n stoute foto van homself op die sosiale netwerk, Instagram, geplaas het.

bieber-boude

Om die oorspronklike foto te sien, klik hier.

Die omstrede 21-jarige popsanger het die kaalfoto met sy aanhangers gedeel waar hy met sy rug na die kamera toe staan. Meer as 1,4-miljoen mense het al die "like" knoppie op die foto gedruk.

Dis op ’n boot geneem waar hy tans met vakansie is in Bora Bora in Frans-Polinesië.