Genoeg vir 8 mense en meer

Bereiding: 5 minute

Staantyd: 1 uur

Gaarmaaktyd: 1 uur

Jy benodig:

  • 6 Paasbolletjies, in stukke geskeur
  • 1 Madeira-brood, in stukke geskeur
  • 1 piesangbrood, in stukke geskeur
  • 100 g botter, gesmelt
  • 6 eiers
  • 250 ml (1 k) strooisuiker
  • 500 ml (2 k) room
  • 500 ml (2 k) melk
  • gerasperde skil van 1 lemoen
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
  • versiersuiker en kaneel vir bestrooi

Maak so: 

1 Smeer ’n oondvaste bak.

2 Rangskik die Paasbolletjiestukke in die bak, bedek met die Madeira en dan die piesangbrood.

3 Klits die botter, eier, strooisuiker, room, melk, skil en vanielje saam tot goed gemeng. Giet dit oor die geskeurde brood en druk die mengsel plat.

4 Laat staan 1 uur om die vla op te suig.

5 Voorverhit die oond tot 180 °C.

6 Bak 1 uur of tot geset. Wanneer afgekoel, bestrooi met die suiker en kaneel.

 - Hope Malau