Wat is dan nou lekkerder as ’n sny melktert en ’n koppie koffie? Koffiegeur melktert, natuurlik! Probeer dié smullekker resep van Checkers.

Lewer 1 tert

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • 1 L melk
  • 30 ml (2 e) Foreign Ground Coffee (verdun)
  • 60 ml (4 e) botter
  • 4 vryloop-eiers
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 90 ml (6 e) mielieblom
  • 7 ml (1½ t) vlapoeier
  • 1 ml (¼ t) sout
  • 1 vanieljepeul
  • 1 pak Tennis-beskuitjies
  • 10 ml (2 t) kakaopoeier
  • 3 ml (½ t) kaneel
  • 10 ml (2 t) suiker
  • ’n skep Kit Kat-roomys

Maak so:

Meng die melk en botter in ’n groot pan en roer tot die botter gesmelt is. Klits die eiers en suiker saam tot lig en donsig. Meng die mielieblom, vanielje, sout en vlapoeier en voeg ’n bietjie melk by om dit glad te maak. Voeg die mielieblommengsel by die bottermengsel oor lae hitte en voeg by koffie by. Onthou om die koffie te verdun. Roer die mengsel sowat 20 min. Dit gaan klonterig begin lyk; verwyder dit van die hitte en los ’n paar minute om te verkoel. Pak die Tennis-beskuitjies netjies in ’n middelslagbak en giet die mengsel oor. Laat 15 min. afkoel. Sit in die yskas en laat minstens 2 uur verkoel; oornag is ideaal. Sprinkel ’n kombinasie van die kakao, kaneel en suiker oor en sit voor saam met die roomys.

  • Hierdie resep is deur Your Little Blog vir Checkers saamgestel. Klik hier  vir nog heerlike Checkers-resepte.