As ’n ma wil jy vir jou kinders net die gesondste etes voorberei. Maar ’n soet dingetjie is sekerlik so af en toe geoorloof. Hier is ’n wenresep vir ’n gesonde sjokoladekoek wat aan altwee vereistes voldoen.

Lewer 1 koek (20 snye)

Bereidingstyd: 15 minute

Baktyd: 40-45 minute

Koek

  • 125 ml (½ k) kookwater of warm rooibostee
  • 90 ml (6 e) kakao
  • 60 ml (¼ k) kanola-olie
  • 1 blik (400 g) tertappels, verpulp
  • 375 ml (1½ k) koekmeel
  • 1 ml (¼ t) sout
  • 20 ml (4 t) bakpoeier
  • 125 ml (½ k) hawersemels (oat bran)
  • 3 eiers
  • 125 ml (½ k) strooisuiker
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n koekpan van 21 cm in deursnee. Meng die kookwater, kakao en olie met ’n draadklitser in ’n kastrolletjie tot glad en laat kook. Koel af. Voeg die appelmoes by en meng goed. Sif die koekmeel, sout en bakpoeier twee keer saam. Voeg die semels by en meng. Klits die eiers tot lig. Voeg die strooisuiker bietjies-bietjies by en klits goed. Vou die vanieljegeursel en kakaomengsel om die beurt met die meelmengsel by die eiermengsel in. Skep in die voorbereide pan. Maak die bokant gelyk met ’n effense holte in die middel. Bak 40-45 minute tot ’n toetspen skoon uit die middle kom. Laat in die pan afkoel en keer versigtig uit.

Jogurt-ganache

  • 100 g (1 plak) donkersjokolade, in stukkies gebreek
  • 80 ml (1/3 k) natuurlike jogurt bessies (opsioneel)

Smelt die sjokolade in die mikrogolf of in ’n glasbak oor kookwater en meng vining met die jogurt. Smeer oor die koek. Laat staan tot stewig. Versier met bessies indien verkies.

- Carmen Niehaus

Foto’s: David Briers

Stilering: Jacques Erasmus