Genoeg vir vier mense

Jy het die volgende nodig:

  • 250 g stokvis
  • 250 g gerookte skelvis
  • 125 g rou steurgarnale, ontskulp
  • 1 opgehoopte eetlepel meel
  • sout en peper na smaak
  • sap van 1 suurlemoen
  • 1 wortel
  • 1 selderystokkie
  • 225 g Fairview Erik’s Selection Mature Goat’s Gouda, gerasper
  • 100 ml pietersielie, gekap
  • 1 klein brandrissie, gekap (opsioneel)
  • 125 ml room
  • 500 g aartappels
  • 125 g botterskorsie
  • botter
  • melk

So berei jy dit:

Maak seker die vis is in klein blokkies gesny en dat alle grate en vel verwyder is. Sit die vis en steurgarnale in ’n plastieksak saam met die meel en skud goed. Geur met die sout en peper en besprinkel met die suurlemoensap. Rasper die wortel, seldery en 125 g van die kaas bo-oor. Voeg dan die pietersielie, rissie en room by en hou eenkant. Kook die aartappels en botterskorsie in ’n pot gesoute water tot sag. Maak fyn en voeg die botter en melk by; geur na smaak. Roer die res van die kaas in. Skep die mengsel oor die vis en oondbak sowat 40 min. tot goudbruin. Onder die lieflike, goue bedekking kry jy dan ’n heerlik romerige vis-“bredie”.

Klik hier om die wye reeks kase te sien wat Checkers aanbied.

- Resep deur Fairview