Kinderpartytjies raak ál groter en dikwels kry jy die indruk dat ma’s mekaar probeer oortref en die volwasse gaste beïndruk. Hier is ons topvyf-wenke om die dag eenvoudig maar spesiaal te hou sodat jy jare later met goeie herinneringe daarop kan terugkyk.

Die partytjiebeplanner Carol Phonson van Kids Party Stuff deel van die wenke wat sy oor die jare geleer het.

  1. Hou dit eenvoudig! As die partytjie te deftig is, gaan jy die kinders se aandag verloor, wat meer werk vir jou beteken.
  2. Speletjies: Hou die kinders se ouderdom in gedagte. As jy besluit op kunshandwerk, moet jy dit eenvoudig hou as die kinders tussen twee en vier jaar oud is. Gesigverf is ’n wenner met jonger kinders, en die oueres hou van tydelike tatoes.
  3. Plek: Kinders hou van buite speel; probeer dus die meerderheid van die partytjie in jou tuin of ander buitelugplek hou as die weer dit toelaat. Moet ook nie die volwassenes en kinders apart hou nie. Van die jonger kinders kan dan by hul ma wil bly pleks van hulle geniet saam met die ander kinders. As die partytjie binnenshuis is, maak seker die ouers is in dieselfde vertrek as die kinders. As die gaste aan tafel moet sit, hou die kinders se lengte in gedagte; hulle sal gemakliker wees by ’n kindertafel.
  4. Bly in kontak: In die digitale era is SMS’e en e-posse beter as geskrewe uitnodigings, wat mense kan laat wegraak of ignoreer. Maak seker om ’n paar dae voor die tyd by jou gaste seker te maak of hulle wel kom en enige vrae te beantwoord wat hulle dalk het.
  5. Lekkergoed en peuselhappies: Probeer die happies so gesond moontlik hou. Natuurlik hou almal van ’n lekkerdingetjie by ’n partytjie, maar met ’n bietjie beplanning en SuperMa se hulp kan jy gesonde keuses maak. En die ma’s gaan jou bedank, want hulle gaan nie agterna met woelige kleingoed sukkel nie. Klik hier vir fantastiese idees vir  resepte en idees vir happies.

Besoek Carol se webtuiste by kidspartystuff.co.za vir raad oor partytjiebeplanning.

- Londiwe Dlomo