Skotse eiers met volstruisvleis

  • Genoeg vir 4 mense
  • Bereiding: 15 minute
  • Gaarmaaktyd: 20 minute

Jy benodig:

  • 4 eiers
  • 300 g volstruismaalvleis
  • 5 ml (1 t) tiemie
  • 1 ui, fyn gekap
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 125 g meel
  • 1 eier, geklits
  • 125 g broodkrummels
  • olie vir diepbraai

Maak só:

  1. Plaas die eiers in soutwater en bring tot kookpunt. Verminder die hitte en laat prut 9 minute. Laat afkoel en dop af.
  2. Meng intussen die maalvleis in ’n bak met die tiemie en ui en geur met sout en peper.
  3. Verdeel die maalvleis in vier, rol elkeen in ’n bal en druk op ’n skoon oppervlak plat om skywe te vorm.
  4. Plaas die meel op ’n bord. Rol die eier in die meel om te bedek en plaas dit in die middel van elke maalvleisskyf. Vou die eiers heeltemal in die maalvleis toe.
  5. Doop elke Skotse eier in die eier en rol dit dan in broodkrummels om te bedek.
  6. Verhit olie in ’n diep kastrol. Wanneer warm, braai die eiers 8-10 minute of tot goudkleurig. Haal uit met ’n gaatjielepel en dreineer op handdoekpapier.

Klik hier vir nog inligting oor checkers se reeks volstruisvleis en nog lekker resepte.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.