New York Strip-steaks wonderlik sag. Moet dit dus liefs nie marineer nie; dit verloor dan tekstuur. ’n Bietjie droë invryfspeserye en ’n skoot braaisous is al wat jy nodig het.

Genoeg vir 4 mense

Dis wat jy vir die steak nodig gaan kry:

  • 4 New York Strip-steaks
  • Droë invryfspeserye van jou keuse
  • 30 ml (2 e) visolie
  • 30 ml (2 e) braaisous
  • sout en peper

Verhit ’n pan oor hoë hitte. Vryf die steak met die speserye in en geur met die sout en peper. Smeer met die olie in en braai 3-4 min. aan elke kant. Verf die braaisous oor en laat 5-8 min. rus voor voorsit.

Dis wat jy vir die koolslaai nodig gaan kry:

  • 500 ml (2 k) groenkool, fyn gesnipper
  • 250 ml (1 k) rooikool, fyn gesnipper
  • 2 groot wortels, gerasper
  • 2 takkies sprietuie, gekap
  • hand vol ment, grof gekap
  • 4 radyse; in fyn skywe gesny
  • hand vol pampoenpitte

Dis wat jy vir die slaaisous nodig gaan kry:

  • 1 knoffelhuisie, fyngemaak
  • 60 ml (¼ k) rysasyn
  • knippie strooisuiker
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 45 ml (3 e) olyfolie
  • sout en peper na smaak.

Meng al die slaaibestanddele in ’n mengbak. Sit al die sousbestanddele behalwe die sout en peper in ’n glasfles en skud goed. Giet oor die sous en kombineer goed. Geur met die sout en peper na smaak.

Dis wat jy vir die groenmielies nodig gaan kry:

  • 4 groenmielies aan die stronk
  • 1 klein rooi brandrissie, gehalveer, ontpit en fyngekap
  • 30 ml (2 e) heuning
  • 60 ml (¼ k) botter
  • sap en skil van 1 lemmetjie
  • sout en pas gemaalde swartpeper

Sny elke mielie in 4-5 ringe. Kook 8-10 min. in ’n groot pot met water; dreineer. Verhit die rissie, heuning en botter een minuut saam in die mikrogolf. Giet die heuningmengsel oor die gaar mielies en meng goed. Geur met die sout en peper.

-Recipe deur Cakebread vir Checkers

  • Klik hier vir nog heerlike Checkers-resepte.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.