Omdat ons weet kinders van alle ouderdomme (en hulle SuperMa’s) is gek oor ‘n lekker burger, gee ons jou hierdie  lekker resepte vir dié ou gunsteling asook gesonder en vegetariese opsies.

Cheddar-burgers met tamatieblatjang

  • Genoeg vir 4 mense
  • Bereiding: 20 min.
  • Gaarmaak: 20 min.

Jy benodig:

Vleiskoekies

  • 500 g beesmaalvleis
  • 2 snye wit- of bruinbrood, korsies verwyder en in melk geweek
  • 1 ui, gerasper
  • 10 g pietersielie, fyn gekap
  • 30 ml (2 e) maalvleisspeserye
  • 1 eier, geklits
  • sout en vars gemaalde peper

Tamatieblatjang

  • 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
  • 60 ml (¼ k) bruinsuiker
  • sout en vars gemaalde peper

Burgers               

  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 4 rolletjies
  • 100 g blaarslaai
  • 2 tamaties, in skywe gesny
  • 4 velle cheddarkaas

Maak so:

  1. Vleiskoekies: Meng al die bestanddele. Geur met die sout en peper. Verdeel die mengsel in 4 en vorm 4 koekies. Bedek met kleefplastiek en verkoel minstens 30 min.
  2. Blatjang: Voeg die tamaties en bruinsuiker in ’n kastrolletjie en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut tot dit verdik. Geur met die sout en peper na smaak.
  3. Burgers: Braai die koekies alkant in die verhitte olie tot goudbruin en gaar.
  4. Halveer die rolletjies, sit blare, tamaties, ’n koekie, ’n stukkie kaas en ’n bietjie blatjang op een helfte. Steek die ander helfte bo-op met ’n stokkie vas. Sit voor saam met slaptjips.

Nog smullekker opsies

Koop hierdie week se Huisgenoot (29 May) vir nog twee lekker resepte vir ‘n hoender-en-appelburger of ‘n groente-en-keker-ertjieburger.

Resepte en stilering: Carmen Hendricks

Foto’s: David Briers

Ekstra bron: dailytelegraph.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.