Brittanje se prinses Eugenie twerk op ’n foto.

Prinses Eugenie (23), dogter van prins Andrew en Sarah Ferguson en kleindogter van koningin Elizabeth, boots Miley Cyrus skynbaar op ’n foto na. Sy is afgeneem waar sy voor ’n groot speelgoedbeer vorentoe buig.

Eugenie se vriend, Harry Wentworth-Stanley, het die foto op Instagram geplaas. Harry is die ou kêrel van prins Harry se af-en-aan-meisie, Cressida Bonas, en die seun van die koningin se niggie, die markies van Milford Haven.

Harry verskyn ook op die foto, waar hy sy vinger teregwysend vir die beer skud.

Dit lyk asof Eugenie op die foto probeer om Miley se stomende vertoning saam met Robin Thicke verlede maand by die MTV-videomusiekpryse na te boots. Miley het ook ’n voorliefde vir groot teddiebere, wat by die VMP’s saam met haar op die verhoog was.

Eugenie se verspotte foto is waarskynlik op die vakansieoord Verbier in die Alpe geneem.