Charlene se jonger broer, Sean Wittstock (32), het onlangs weer pa geword.

[caption id="attachment_127583" align="alignnone" width="600"]Kyk hoe skattig lyk pa en dogter saam! Foto: Verskaf Kyk hoe skattig lyk pa en dogter saam! Foto: Verskaf[/caption]

Sean en sy vrou, Chantell, se tweede kind, Aiva-Grace, is verlede Dinsdag in die Linkwood-kliniek in Linksfield in Johannesburg gebore.

Lees ook: Die sprokiesverhaal van prins Rainier III en die beeldskone Grace Kelly se lewe saam – kyk pragfoto’s

Klein Aiva-Grace het 2,8 kg geweeg, vertel haar trotse ma, Chantell (29), aan ons. En dit klink mos of die skattige kleinding se naam geïnspireer is deur Charlene se man, prins Albert, se ma, die wyle rolprentlegende Grace Kelly.

[caption id="attachment_127584" align="alignnone" width="600"]Kyk net hoe dierbaar lyk die sussies saam! Foto: Verskaf Kyk net hoe dierbaar kyk boeta na kleinsus! Foto: Verskaf[/caption]

“Ek en Sean het gehou van die naam Aiva en prinses Charlene het met Grace vorendag gekom. Toe besluit ons op Aiva-Grace,” vertel Chantell.

[caption id="attachment_127597" align="alignnone" width="600"]Prinses Charlene en Prins Albert in Monaco. Foto: Facebook, Palais Princier de Monaco - Prince's Palace of Monaco Prinses Charlene en Prins Albert in Monaco. Foto: Facebook, Palais Princier de Monaco - Prince's Palace of Monaco[/caption]

Hulle kon Charlene weens haar verantwoordelikhede en ’n druk program nog nie aan Aiva voorstel nie, vertel sy. “Maar sy gaan haar een van die dae ontmoet.”

Lees ook: SA man kry seldsame koninklike fotoalbum toe hy kelder skoonmaak

Chantell se ma, Dianne Serfontein, en haar skoonma, Lynette Wittstock, was daar met haar dogtertjie se geboorte; so ook die mynmagnaat Bridgette Radebe, vrou van die minister in die presidensie, Jeff Radebe. “Sy is ’n baie hegte familievriend,” vertel Chantell.

“My skoonpa, Mike, is nog in Monaco. Hy is dié week terug en kan nie wag om haar te ontmoet nie,” vertel Chantell.

Chantell het al talle foto’s van die jongste toevoeging tot hul gesin op Facebook gedeel. En van dit wat ons aflei van dié kiekies, lyk dit asof die paartjie se eersteling, Raigen (2), dit geniet om ouboet te speel.

[caption id="attachment_127592" align="alignnone" width="600"]Te mooi vir woorde! Foto: Verskaf Te mooi vir woorde! Foto: Verskaf[/caption]

“Ons het Raigen baie ingesluit by die swangerskap,” vertel Chantell. “Hy het saam met ons na doktersafsprake gegaan en ons het vir hom gesê hy gaan ’n sussie kry. Hy pas baie goed aan. Hy is versot op sy kleinsus.”

Die gesin woon in Benoni aan die Oos-Rand waar Charlene grootgeword het. Dit lyk reeds asof klein Raigen, ’n kranige swemmer, in sy tannie Charlene, ’n eertydse Olimpiese swemmer, se voetspoor gaan volg.

[caption id="attachment_127585" align="alignnone" width="600"]Klein Raigon is behoorlik opgewonde oor die jongste toevoeging van hul gesin!. Foto: Verskaf Klein Raigen is behoorlik opgewonde oor die jongste toevoeging van hul gesin!. Foto: Verskaf[/caption]

Sy ma deel gereeld foto’s en video’s op Facebook van hom wat swem. “Raigen is mal daaroor. Hy vaar baie goed en kan nou self swem. Hy neem nou al vir ’n jaar lesse.”

Chantell en Sean besit ’n promosie-en-geleentheidsmaatskappy, Poise Promotions. “Ek werk van die huis af; daarom bring ek meer tyd saam met die kinders deur,” vertel sy. “Raigen het vanjaar met skool begin, net half dae, en Aiva sal eers skool toe gaan wanneer sy twee is.”

Die paartjie vier op 22 Junie hul derde huweliksherdenking.

Hulle gaan een van die dae Monaco toe om die nuwe kleinding aan Charlene en haar man, prins Albert, en hul kleingoed voor te stel.

[caption id="attachment_127590" align="alignnone" width="600"]Ag my moeder! Foto: Verskaf Ag my moeder! Foto: Verskaf[/caption]

Sean was laas in Maart in dié prinsdom aan die Franse Riviera toe Charlene gasvrou gespeel het vir ’n rugbyfees. Hul broer, Gareth Wittstock, woon ook in Monaco. Hy is Charlene se dogter, Gabriella, se peetpa.

Gareth het in September verlede jaar afgehaak met sy jare lange liefie, die Ierse model Roisin Gavin. Hulle het ook ’n tweejarige dogter, Kaia-Rose. Ons wed dié kan ook nie wag dat Chantell en haar kroos kom kuier nie!

Ander stories op Huisgenoot.com

Gesoute Suid-Afrikaanse akteur en stemkunstenaar sterf

Dolly Parton vier halfeeu van getroude lewe met spesiale seremonie

Raaisel om rits skokmoorde op Krugersdorp verdiep

Groot nuus vir sepieliefhebbers

Legkaart-legendes: Kan jy uitvind wat die paddas vir vandag voorspel?

Arnold Schwarzenegger gaan groot byeenkoms jaarliks na Suid-Afrika bring