Prinses Anne het haar landgenote aangemoedig om perdevleis te eet.

Die koninklike het opspraak gewek toe sy aanvoer perde sal winsgewender wees as hulle vir hul vleis geteel word en dat hul eienaars hulle dan beter sal behandel.

Sy het die afgelope week op die wêreldkonferensie oor perdewelstand in Londen gesê: “Ons houding teenoor die perdevleisbedryf en die waarde van perdevleis moet dalk verander.

“As dit dan waar is dat hulle hul perde op prys stel, hulle goed na hulle kyk, want hulle is in die perdevleisbedryf . . . moet ons ’n ware mark vir perdevleis oorweeg en sal dit die aantal welsyngevalle verminder as daar ’n ware waarde in die perdevleissektor is? Ek noem dit vir wat dit werd is, want ek dink dis die moeite werd om dit te debatteer.”

Die 63-jarige het daarop gewys dat filette perdevleis in Frankryk dikwels die duurste items in ’n slagtery is danksy hul gehalte.

Sy het aangevoer: “Die waarde van die dier verskil van mens tot mens, maar as daar ’n ware geldwaarde is, dan kyk jy ’n bietjie verder vorentoe na hoe jy jou diere versorg.”