Brittanje se prins William se miliêre waghonde is uitgesit.

Die twee waghonde, die Belgiese herdershond Brus en Duitse herdershond Blade, het die hertog van Cambridge beskerm terwyl hy as ’n soek-en-red-loods gewerk het in die Britse lugmag in Anglesey, Noord-Wallis. Hulle is uitgesit dae nadat hy sy bedanking aangekondig het. Die lugmag het besluit hulle kon nie op ’n ander plek gebruik word of by ’n gesin geplaas word nie.

’n Bron het aan The Sun gesê: “Brutus en Blade was in ’n afdeling met twee honde wat spesiaal opgestel is om William te beskerm. Hulle het die stasie gepatrolleer om militêre personeel en toerusting te beskerm. Die eenheid is gesluit toe die prins weg is.”

Die departement van verdediging het gesê Brutus (7) het die einde van sy werkende lewe bereik. Blade (9) kon weens ’n geskiedenis van veterinêre en gedragsprobleme nie ’n ander werk of huis kry nie.

Die prins se laaste sending was verlede Dinsdag en die honde is glo Vrydag uitgesit. Die departement van verdediging sê die tydsberekening is toevallig.

Volgens ’n woordvoerder het die prins nie veel met die honde te doen gehad nie. Hulle is as ekstra veiligheidsmaatreël in die basis gebruik.