Prins William en hertogin Catherine van Brittanje gaan “wonderlike ouers” wees.

Die hertog en hertogin van Cambridge, wat voor haar troue as Kate Middleton bekend gestaan het, is ’n groot aanwins vir die monargie en ’n “wonderlike paartjie”, volgens hul universiteitsvriend, die akteur en gewese sanger Jules Knight.

Hy sê: “Hulle is lieflike mense en ek is bly om hul onthalwe dat Kate swanger is.

“Ek dink hulle sal wonderlike ouers wees. Hulle is baie goed vir die land en die monargie en hulle is ’n wonderlike paartjie.”

Jules het William en Catherine by die Universiteit van St. Andrews in Skotland ontmoet waar die prins in geskiedenis studeer het, maar erken hy het die afgelope ruk kontak met die koninklike paartjie verloor.

Hy het aan die tydskrif new! gesê: “Ons het oor die jare uitmekaar gedryf.”

“Ek het nie veel kontak met hulle gehad sedert ons weg is nie, maar ons was goed bevriend op universiteit.”

Sedert sy universiteitsdae wat Jules deel van die klassieke stemkwartet Blake. Maar hy is by die groep weg om op sy akteursloopbaan te konsentreer nadat hy ’n rol in die mediese drama Holby City van BBC One losgeslaan het.