Brittanje se prins William het nie beplan hoe hy die hertogin van Cambridge om haar hand sou vra nie.

Die hertog van Cambridge het Catherine, toe nog Kate Middleton, met vakansie in Kenia om haar hand gevra. Hy het ’n noue band met Afrika en wou hê die huweliksaanbod moes iets spesiaals beteken.

Hy sê op ITV se nuwe dokumentêr, New Father, New Hope: “Ek het dit nie ver beplan nie. Ek het net geweet ek wou hê dit moes gemaklik voel waar ek dit doen, en ek wou hê dit moes iets beteken, iets anders as net verloof raak. Sy verstaan wat dit vir my beteken om in Afrika te wees, en my liefde vir bewaring.”

William vertel hy was bang hy verloor sy oorlede ma, prinses Diana, se saffierverloofring.

“Ek wou dit letterlik nie los nie,” het hy gesê. “Ek het dit vasgehou oral waar ons was. Ek het geweet ek sal in diep in die moeilikheid wees as dit wegraak.

“’n Mens hoor baie gruverhale oor die jawoord vra en hoe dit kwaai skeefloop, maar dit het baie, baie goed gegaan en ek was baie bly sy het ja gesê.”

Die egpaar se eerste kind, prins George, is op 22 Julie gebore.