Die prins, vergesel van sy vrou, hertogin Catherine, het ook geskerts die agt maande oue seun oefen snags wanneer hy wakker word die haka, ’n tradisionele Maori-dans waarmee die koninklike gesin vroeër daardie week in Nieu-Seeland verwelkom is.

William het by ’n staatsonthaal ter ere van hulle by Government House in Wellington gesê: “Hy is ’n vrolike knapie en julle sal bly wees om te hoor hy berei nou voor vir ’n lewe as ’n stut!

“(George is) soggens drieuur op sy luidrugtigste, soos julle dalk al agtergekom het. Ek sweer ek het hom vanoggend die haka hoor doen.

“Ek hoop nie George het julle wakker gehou nie!”

Die 31-jarige prins het die land en sy verteenwoordigers bedank vir hul gasvryheid en vertel hoe bly hy was dat hy die reis saam met sy gesin kon onderneem.

Hy het gesê: “Dankie dat julle my, Catherine en George tydens ons tyd in Nieu-Seeland ontvang het.

“Ek kan nie vir julle sê hoe bly ek is om terug te wees in God's Own Country, soos ek geleer het om dit te noem, en die tyd saam met my vrou en seun nie.

“Ek het geen twyfel nie dat Catherine, en nie net ek nie, tydens hierdie besoek op Nieu-Seeland verlief geraak het.”