Die koninklike paartjie se tweejarige seun het vroeër vandeesmaand by die Westacre Montessori-skool naby King’s Lynn in Norfolk begin skoolgaan.

Volgens berigte wil prins William en sy vrou, Catherine, alles in hul vermoë doen om vir George normale grootwordjare te gee. Hulle beplan selfs om die kleinding se maats vir speelafsprake oor te nooi.

Dit sal wel noukeurig beplan word om seker te maak die gesin is te alle tye veilig.

Lees ook: Nuttige veiligheidswenke om jou spruit te beskerm

“Kate en Wiliam gaan betrokke raak by prins George se kleuterskooldinge,” het ’n bron aan die tydskrif Bella gesê. “Hulle wil nie hê hy moet afgesonderd of anders as die ander kinders voel nie, en dit beteken hope speelafsprake met klasmaats. Hulle hou van sosiaal verkeer en wil betrokke raak by alle aspekte van sy kleuterskoollewe, wat insluit om sy nuwe vriende te ontmoet. Ouers wat na hul huis gaan, sal onder sekuriteit deurloop en persoonlike familiegebiede op die landgoed is verbode, maar daar is genoeg plekkies waar George se vriende kan kuier.”

Die Montessori-kleuterskool is anders as ander kleuterskole oor hoe dit kinders leer om onafhanklik te wees. William en Catherine het gevoel dié benadering is belangrik vir hul seun se grootwordjare.

Lees ook: Vuil kinders = gelukkige, gesonde kinders

“Montessori fokus op sosiale ontwikkeling en onafhanklikheid asook opvoeding,” sê die bron. “Kinders word aangemoedig om te kies watter aktiwiteit hulle pas en die onderwyser is daar as gids. Soos George ouer raak, sal daar beperkings wees en dit is ’n goeie begin waar hy onafhanlikheid en vryheid kan ervaar. Hy moet soveel vryheid vir solank as moontlik het. Die manier van opvoeidng gee vir kinders ’n sterk sin van hul voor- en afkeure, wat vir hom die selfvertroue behoort te gee wat hy as toekomstige monarg gaan benodig.”

© Cover Media