Die Prins en sy vrou, Hertogin Catherine, het die koninklike première van die fliek in Londen bygewoon wat handel oor Mandela se lewe as politieke figuur.

Hulle is van sy dood ingelig aan die einde van die fliek.

Toe Prins William aan die einde van die fliek oor Mandela, wat by sy huis in Johannesburg oorlede is, gepraat het, het hy gesê: “Ek wil net sê dit is tragiese en hartseer nuus.

“Ons was nou herinner watse besonderse en inspirerende man hy was. My gedagtes en gebede is met hom en sy familie. Dit is baie hartseer.”

Die koninklike paartjie het sigbaar ontsteld gelyk toe hulle die rolprentteater verlaat het.

Mandela se familie was verteenwoordig deur sy dogter Zindzi en daar word vermoed dat sy vóór die vertoning van haar pa se dood ingelig is.

Vroeër die aand het sy aan MailOnline vertel dat sy trots is op die fliek. “Dit is iets wat my baie trots laat voel; dit waardeur my familie is en die rol wat my pa gespeel het, is erken. Dit is ’n toekenning vir hom.”