Kensington-paleis sê William het Maandag begin werk vir Bond Air Services, ’n operateur van lugambulanse in Oos-Anglia. Hy sal in die volgende paar maande praktiese opleiding kry. Hy sal in die Britse somer per opdrag begin vlieg.

William (32) het sy eksamen vir lugvervoervlieënier in Maart geslaag. Daarvoor het hy 14 skriftelike eksamens afgelê oor vakgebiede soos die beginsels van vlieg en navigasie. Die tweede troonopvolger sal werk met mediese personeel wat reageer op noodgevalle van padongelukke tot hartaanvalle.

Hierdie werk sal ook William se primêre werk wees, hoewel hy steeds sal voortgaan met sy koninklike verpligtinge, sowel in Brittanje as oorsee.