Die infeksie spruit uit ’n kwaal wat hy reeds onder lede gehad het, berig The Guardian.

Volgens ’n amptelike woordvoerder van Buckingham-paleis is die prins net as ’n voorsorgmaatreël in die hospitaal opgeneem, berig CNN.

Die BBC het berig Philip, ook bekend as die hertog van Edinburgh, sal gevolglik nie die opening van die parlement bywoon nie.

Volgens ’n verklaring van Buckingham-paleis is hy teleurgesteld dat hy dit gaan misloop.

Hy voel egter luidens die verklaring goed.

Nog voor die prins in Mei aangekondig het hy gaan die openbare lewe vaarwel toeroep, is reeds oor sy gesondheid bespiegel, het The Telegraph berig.

Die hertog het in 2013 ’n buikoperasie ondergaan en in 2011 het hy behandeling ontvang vir ’n verstopte bloedvat naby sy hart. Hy was ook in 2011 weens blaasontsteking in die hospitaal.

Ná die operasies kon Philip tot en met sy besluit om uit te tree oudergewoonte weer amptelike byeenkomste bywoon.

Hoewel hy tans in die hospitaal is, is daar geen rede tot kommer nie, het die BBC verneem.

Bronne: BBC, CNN, The Guardian, The Telegraph