Party mense probeer hul sproete met alle mag en geweld met rome verbloem. Ander span selfs  laserbehandeling in om daarvan ontslae te raak.

[caption id="attachment_165139" align="alignnone" width="599"]Foto: Ivan Nikolov/WENN.com Foto: Ivan Nikolov/WENN.com[/caption]

Maar vir prins Harry se nooi, Meghan Markle (35), is daar geen groter irritasie as wanneer hulle haar sproete deur digitale manipulasie van foto’s af verwyder nie.

Die pragtige donkerkop het aan Allure vertel hoe moeilik dit vir haar was om op universiteit gekonfronteer te word met die gevoel dat sy te lig vir ’n swart gemeenskap was en te gemeng vir ’n wit gemeenskap.

Wanneer sy vir oudisies gegaan het, is sy as “etnies dubbelsinnig” geëtiketteer. “Was ek Latyns, Sefardi, ‘eksoties Kaukasies’?

“Voeg sproete by alles en dit kan groot verwarring afgee. Tot vandag toe haat ek dit as my vel se skakering in ’n fotosessie verander en my sproete uitgehaal word.”

Meghan, wat bekend geword het vir haar rol as Rachel Zane in die televisiereeks Suits, se ma is swart en haar pa wit.

Sy het ’n paar woorde van wysheid gedeel met dié wat dink haar sproete lyk nie mooi nie.

“Vir al my sproetgesigvriende daar buite, ek deel met julle wat my pa vir my gesê het toe ek jonger was: ’n Gesig sonder sproete is soos ’n nag sonder sterre.”