Prins Harry is glo steeds verlief op Chelsy Davy.

Al het hy tot April verlede jaar twee jaar lank ’n verhouding met Cressida Bonas gehad, beweer bronne die prins het nog altyd gehoop om met Chelsy te herenig.

“Harry is steeds verlief op haar. Sy hart behoort aan Chelsy,” het die bron aan die Britse koerant The Sun gesê. “Hulle het mekaar onlangs gesien. Daar is beslis steeds iets tussen hulle, maar Chelsy wil haar nog nie verbind nie, want sy wil nie ’n lewe in die kollig lei nie. Harry is baie gevoelig daarvoor.”

Die voormalige paartjie het mekaar vermoedelik gesien toe die 30-jarige onlangs in Afrika was om aan bewaringsprojekte te werk. Maar dit lyk of Chelsy se stryd om die aandag te hanteer wat daarmee gepaardgaan om met die koninklike uit te gaan hulle steeds uitmekaar hou.

Maar Harry wil in November na Suid-Afrika en Lesotho terugkeer en hoop glo om meer tyd saam met sy voormalige liefde deur te bring en te probeer om haar van plan te laat verander.

“Dit is geen toeval dat Harry besluit het om later vanjaar nog tyd in Afrika deur te bring nie,” vertel die bron verder. “Hy is steeds verlief op Chelsy. Sy is nie soos ander meisies nie; sy is sterk, onafhanklik en ’n reël-breker. Sy doen alles op haar eie voorwaardes.”

Terwyl Harry enkellopend gebly het sedert hy en Cressida uitmekaar is, het hy vroeër vanjaar erken hy sal eendag sy vrygesellewe wil laat vaar.

“Ek dink nie jy kan die dinge forseer nie: dit sal gebeur wanneer dit gaan gebeur,” het hy gesê. “Natuurlik sal ek sommer nou wil kinders hê, maar daar is ’n proses wat ’n mens moet volg.”

© Cover Media