Die 32-jarige Britse koninklike is die afgelope twee weke besig gehou terwyl hy sewe Karibiese eilande besoek het. Toe die toer eindig, het Harry glo besluit om sy beplande vlug op Sondag 4 Desember van Barbados na Londen, Engeland, vir een na Noord-Amerika te verruil.

Volgens die Britse koerant The Sun het Harry Sondagaand in die land aangekom en is hy Maandag by haar huis in Toronto gesien.

“Harry kon bloot nie wag om haar te sien nie,” het ’n vriend aan die publikasie gesê. “Hy was veronderstel om op ’n vlug van British Airways saam met die res van sy gevolg na Londen terug te vlieg.

Lees ook: Prins Harry se meisie bepeins haar tweerassigheid in treffende sosialemedia-plasing “Maar hy het van plan verander en reguit na haar toe gevlieg, want hulle kon dit nie verduur om weg van mekaar te wees nie. Dis net nog ’n teken van hoe verlief hy op haar is. Hy is absoluut versot. Ons het hom nog nooit so gelukkig gesien nie. Dis wonderlik.” Maar dit sal waarskynlik net ’n blitsbesoek wees, want Harry het Woensdag ’n amptelike verpligting in Engeland. Meghan (35), ’n ster van die reeks Suits, is oor die naweek by ’n kruidenierswinkel gesien, vermoedelik om haar kosvoorraad aan te vul voor Harry se kuier.

Sy is ook met ’n halssnoer gesien met haar en Harry se voorletters “M” en “H” wat deur die ontwerper Maya Brenner van Los Angeles ontwerp is.

Hulle het mekaar drie weke gelede laas gesien toe Meghan na Londen gevlieg en amper ’n week lank in Harry se woonplek, Nottingham Cottage, in die Kensington-paleis gebly het. Lees ook: Gaan Prins Harry se nuwe romanse sy besoek aan Barbados en kuier met Rihanna oorleef? Dit was tydens Meghan se besoek aan Londen dat Harry die ongehoorde stap gedoen het om ’n verklaring uit te reik waarin hy vir privaatheid vra en die pers daarvoor voor stok kry dat hulle die aktrise teister nadat die nuus van hul romanse die hoofopskrifte gehaal het. “Dit is nie reg dat Me. Markle ná ’n paar maande in ’n verhouding met hom aan so ’n storm onderwerp moet word nie,” lui die verklaring wat Harry se sekretaris van kommunikasie uitgereik het.

A photo posted by tinga2tinga (@panchenko.n78) on

“Hy weet kommentators sal sê dit is ‘die prys wat sy moet betaal’ en ‘dit is alles deel van die spel’. Hy verskil ten sterkste. Dit is nie ’n spel nie – dit is haar en sy lewe.”

© Cover Media