Die rooikop-prins se nuwe meisie is blykbaar die liefdadigheidswerker Camilla Thurlow, maar mense gis steeds oor sy vriendskap met Amanda Sheppard.

Die 31-jarige donkerkop-skoonheid is onlangs geskei van haar man, die sanger Bryan Ferry.

“Hulle het jare gelede met mekaar flankeer, en omdat sy in sy binnekring is, weet Harry Amanda gaan diskreet wees,” het ’n bron aan die Britse tydskrif Grazia onthul.

“Sy sal nooit sy meisie word nie, maar sy is pret en sexy en daar is ’n vonk tussen hulle. Daar was al gerugte dat Harry en Amanda saam was toe hy en Chelsy Davy ’n ruk lank uitmekaar was. Amanda stel nie belang in die lewe as ’n koninklike nie; dit is dus is wedersyds voordelig dat hulle hul vriendskap stil hou. Dit is nie ernstig tussen hulle nie.”

Hulle het blykbaar albei in Mei Guy Pelly se troue bygewoon en het toe meer tyd saam deurgebring.

Die bron het ook verklap Harry wil Camilla ook steeds sien, en wil haar graag beïndruk.

“Harry en Camilla hou hul verhouding uit die openbare oog, maar hulle is al twee maande saam. Harry haal alles uit om haar te beïndruk en het haar by St. Tropez op ’n luukse seiljag geneem. Hulle het ook by ’n vriend se villa oorgeslaap en geniet blykbaar hul tyd saam,” het die persoon bygevoeg.

Harry en sy eksmeisie Cressida Bonas is vroeër vanjaar uitmekaar, en vriende sê hy verlang na ’n verhouding.

Die Britse koninklike word volgende week 30, wat blykbaar ook een van die redes is hoekom hy weer ’n vaste meisie wil hê.

“Dit is ’n mylpaal-ouderdom. Ek dink daar is oomblikke dat Harry verlang na ’n vaste meisie. Maar hy herstel nog van die einde van sy verhouding met Cressida en probeer sy enkelloperstatus geniet,” het die bron bygevoeg.

Dit is verlede week aangekondig dat Harry weer ’n oom gaan word; sy ouer broer, prins William, en dié se vrou, hertogin Catherine, verwag hul tweede kind.

© Cover Media