Die 29-jarige Britse koninklike was verlede maand by die nagklub Tonteria in Londen alte liefies met Camilla Thurlow, berig The Sun

Op Saterdag 23 Augustus het Harry Camilla na bewering saamgenooi op ’n seiljagvaart saam met vriende in St. Tropez, Frankryk.

“Die vakansie is deels ter viering van Harry se eerskomende 30ste verjaardag (op 15 September),” het ’n bron aan die tydskrif Us Weekly verklap. “Hy het ook rustyd nodig om sy batterye te herlaai.”

[caption id="attachment_82101" align="alignnone" width="600"]Camilla trek nogal na Kate. Foto: halotrust.org Camilla trek nogal na Kate. Foto: halotrust.org[/caption]

Harry is al lank bevriend met Ben Goldsmith en sy verloofde, die model Jemima Jones.

En blykbaar meen Harry die wegbreek was die perfekte manier van stres ontlaai; hy reël die Invictus-spele, wat tussen 10 en 14 September gaan plaasvind. Dit was ook ’n geleentheid om Camilla aan van sy beste vriende voor te stel.

“Dit is ’n teken dat hy werklik beenaf op Camilla is; hy voel gemaklik genoeg om haar saam te nooi met vriende wat hy al jare lank ken,” meen die persoon in die binnekring.

Die rooikopprins en Cressida Bonas is in April ná twee jaar uitmekaar.

Us Weekly berig dat Harry nou “nadink oor wat hy in die lewe wil hê” en is “gretig om rustig te raak” nadat hy Camilla twee weke gelede ontmoet het.

Camilla werk vir ’n liefdadigheidsorganisasie; sy en Harry het mekaar vermoedelik ontmoet deur sy werk vir The Halo Trust, die organisasie wat landmyne verwyder wat sy ma, wyle prinses Diana, sê ondersteuning geniet het.

© Cover Media