Prins Harry het gesê daar is nou glad nie meer druk op hom om kinders te hê nie, noudat prins George gebore is.

Sy ouer broer, prins William en sy vrou hertogin Catherine, het onlangs hul eersteling in die wêreld verwelkom. Prins Charles is glo so erg in sy noppies om oupa te wees dat hy sonder ophou vir Harry aanmoedig om ook so gou as moontlik te trou en kinders te hê.

Harry het gesê: “My pa is in die wolke oor sy nuwe rol as oupa.”

Toe Harry gevra is of hy van plan is om binnekort kinders te hê, het die rooikop-prins geantwoord: “Nee, hy het nou een kleinkind en dis okay. Daar is nie meer druk op my nie.”