Prins Harry lag lekker oor die gissinge dat hy met Cressida Bonas wil trou.

Die prins het Maandagaand die Forget-Me-Not-ete ten bate van sy Sentebale-liefdadigheidsorganisasie in Doebai bygewoon. Sentebale staan kinders in Lesotho by wat geraak word deur MIV. Op die ete het hy weggeskram van joernaliste se vrae oor sy meisie en hul voorgenome verlowing.

Harry het gebloos en toe uitgebars van die lag toe hy gevra is of hy binnekort die jawoord gaan vra.

Daar is baie gissinge dat Harry (29) van plan is om die sosiale vlinder Cressida (24) om haar hand te vra. Hulle het die afgelope 18 maande ’n verhouding.

Die paartjie het eers hul verhouding weggesteek, maar is onlangs saam in die openbaar gesien.

’n Bron het aan E! News gesê Cressida is te vinde daarvoor om ernstiger te raak.