Prins Harry van Brittanje sal aan die einde van die maand ‘n draaitjie in Suid-Afrika en Lesotho kom maak namens sy liefdadigheidsorganisasie, Sentebale.

Die 28-jarige koninklike, wat onlangs vanaf 20 weke-diens in Afganistan teruggekeer het, sal einde Febraurie besoek aflê aan die Sentebale-projekte in onderskeidelik Suid-Afrika en Lesotho.

Tydens die laaste dag van sy kuiertjie in Suid-Afrika sal die prins ‘n gala-geleentheid in Johannesburg bywoon.

Die doel van die gala-geleentheid is om bewustheid te skep rondom die prins se liefdadigheidsorganisasie om sodoende ‘n jeugsentrum te kan bou.

- Bang Showbizz