So gepraat van 'Prince Charming!'

Dié rooikopprins was duidelik in sy element toe hy vroeër vandeesweek sy toer na Lesotho en Suid-Afrika afgeskop het.

Harry is tans in die Bergkoninkryk om sy liefdadigheidsorganisasie, Sentebale, te ondersteun. Hy het dit tien jaar gelede saam met sy vriend Prins Seeiso van Lesotho begin  ter nagedagtenis aan hul oorlede ma's, Koningin Mamohato en Prinses Diana.

Die 31-jarige prins het gister met ook met Mutsu Potsane ontmoet. Hulle het in 2004 reeds bevriend geraak toe hy die vierjarige Mutsu by die Mants'ane kinderhuis ontmoet het. Oor die jare het hulle in kontak gebly met Mutsu wat gereeld briewe aan sy "ouboet" stuur oor sy lewe in Lesotho.

Die laaste keer wat die twee vriende mekaar gesien het, was in 2014.

Buiten al die ou vriende wat Harry op sy toer raakloop, gaan die Prins ook die naweek 'n bietjie polo speel op Stellenbosch om geld vir Sentebale in te samel.

Later gaan hy ook die Kruger Nasionale Park besoek in sy amptelike hoedanigheid as afgevaardigde van die Britse kroon in 'n poging om "aandag te vestig op die pogings wat aangewend word om Suid-Afrika se wild van stropery te beskerm".

Gelukkig vir ons hou Harry se gedugte mediaspan by Kensington Paleis in Londen ons op hoogte van alles wat die prins aanvang.

Hier is 'n paar van hul jongste inskrywings:  

         

Addisionele bronne: usatoday.com, dailymail.co.uk