.

Die 28-jarige prins en die mooi sosiale vlinder het glo onlangs uitgemaak nadat Crssida – wat in Julie 2012 die eerste keer romanties met hom verbind is – vir Harry gesê het sy is nie reg om nes te skop nie. Hy is glo gebroke.

“Hy en Cressida sal vriende bly, maar voel dat hulle nie op die oomblik die vereiste hoeveelheid tyd aan ’n verhouding kan spandeer nie,” het ’n bron aan die koerant Daily Star gesê.

“Hy is verpletter. Al wat Harry wil hê, is om nes te skop en met ’n gesin te begin.”

Die glansryke paartjie is die eerste keer saamgesien by ’n partytjie ná die première van die fliek The Dark Knight Rises en was kort daarna ’n paartjie, ten spyte van gerugte dat die blondine gesukkel het om die druk te hanteer van met ’n prins uitgaan.

Harry word nou romanties verbind met die model Cara Delevingne nadat die twee onlangs “die hele middag” lank flikkers gegooi het by ’n braai by sy niggie, prinses Beatrice, se huis.

Maar ’n vriend van die 20-jarige Cara ontken die gerugte dat daar iets tussen haar en Harry broei en sê die rooikopprins is nie “haar tipe” nie.