Ondanks gerugte dat Pippa en haar aanstaande miljoener man, Jamer Matthews, slegs getroude paartjies na hul troue gaan nooi, lyk dit asof Prins Harry nou 'n plus een mag neem. 'n Trou-uitnodiging aan Meghan dui glo aan dat haar verhouding met Harry baie ernstig is, het bronne aan die Daily Telegraph vertel. Prins William en Kate Middleton het twee jaar uitgegaan voordat hulle 'n troue saam bygewoon het.

A post shared by Meghan Markle (@meghanmarkle) on

Die afgelope naweek het die twee verliefdes vir die eerste keer in die publiek mekaar omhels en gesoen in 'n parkeerterrein by die Coworth Park Polo Club naby Ascot in Berkshire.

Beide Kate Middleton en Prinses Diana was by polo-wedstryde saam met hul toekomstige mans gesien.

Meghan het haar tuiste in Toronto verlaat om meer tyd in Londen saam haar prins te spandeer.

Kensington Paleis het aangekondig dat klein prins George en prinses Charlotte ook deel gaan wees van Pippa se troue.

Broone: The Telegraph ; Dailymail