Die 29-jarige koninklike en die 25-jarige sosiale vlinder het glo uitgemaak nadat hulle twee jaar lank uitgegaan het. En ten spyte van bewerings dat die prins die verhouding beëindig het omdat Cressida te “klewerig” is, hou mense in die binnekring vol dit was ’n gesamentlike besluit.

’n Bron het aan MailOnline gesê: “Ongelukkig is dit waar dat hulle uitmekaar is. Maar die bewering dat die prins Cressida ‘gelos’ het omdat sy ‘te klewerig’ is, is glad nie waar nie.

“Hulle is baie vriendskaplik uiteen en steeds goeie vriende. Hulle het net besluit om elkeen hul eie rigting in te slaan.”

Verskeie vriende meen die twee, wat onlangs bespiegelinge laat ontstaan het dat hulle verloof is nadat hulle saam in die openbaar begin verskyn het, sal weer bymekaar uitkom wanneer Cressida besluit het wat sy volgende wil doen. Sy het onlangs by ’n dansskool afgestudeer en werk nou vir ’n bemarkingsonderneming.

’n Ander bron het gesê: “Cressie is maar 25 en boonop baie jonk vir haar ouderdom.

Prins Harry word vanjaar 30 en is in ’n ander fase in sy lewe. Hy is baie erg oor Cressie en verstaan sy wil iets in haar lewe en haar loopbaan bereik voor sy dit oorweeg om nes te skop.

“Dit sal my glad nie verras as hulle oor ’n paar maande weer bymekaar uitkom nie.”