Hy’s byna-byna drie jaar oud, en nes ’n kleuter in sy ouderdomsgroep kan die klein prins ook ’n vloermoer gooi as iets hom pla. Maar gelukkig was ma Kate byderhand om die saak te beredder.

Aanhangers van die koninklike gesin was aangenaam verras toe George Vrydag saam met sy ouers by die Royal International Air Tattoo in Gloucestershire aangekom het. Dit was die eerste keer dat hy saam met sy ouers ’n amptelike geleentheid in die VK bygewoon het. Maar George was allesbehalwe gelukkig en het dit duidelik gewys. Gelukkig het ’n kalm Kate hom in haar arms opgeraap en kort voor lank was hy die oulikste klein besoekertjie in die ronde. Hy het ewe kordaat agter die beheerkontrole en in die stuurkajuite van helikopters en vliegtuie, onder die waaksame oë van sy ouers, baljaar. Hy is glo gek oor vliegtuie en met pa wat ’n helikoptervlieënier is, is dit seker te verstane.
’n Spesiale oomblik tussen ma en seun.
Die prins se aansteeklike glimlaggie vermurwe reeds harte sover hy gaan.
Genugtig, maar ons is vér bo die grond!
Natuurlik moet ’n prins vroeg reeds weet hoe om te wuif.

A photo posted by @british.royal.family on

Veilig in pa se beskermende arms.

A photo posted by @catherineduchessofcambridge on

Wat is daardie ding dan nou eintlik?
Jinne, Pa, kan jy regtig een van dié vlieg?
Dalk is ’n helikopter nie vinnig genoeg vir George nie?
Dankie vir die dag, vriende, dit was ’n wonderlike ervaring!

Die lugskou is die grootste militêre vertoning van sy soort in die wêreld. Verlede jaar was daar 247 vliegtuie van 19 lande teenwoordig.