Op die beeldmateriaal wat The Mirror geneem het, lei die amper tweejarige knapie se ma en pa hom weg terwyl hulle met die pas gedoopte Charlotte van die kerk na die koningin se Sandringham-huis stap vir tee.

Hy bly terugdraai asof hy iemand soek en prins William verseker hom: “Hulle kom, almal kom,” en byvoeg wat klink soos: “Ons kan na ouma toe teruggaan”.

The Mirror berig William kon ook dalk “Nanny’s” gesê het, maar “Granny’s” maak meer sin.

Indien dit die geval is, beteken dit die familie het gekies om dit vir die kleur makliker te maak deur die “grootjie”-deel vir George se naam vir sy oumagrootjie weg te laat.

William en George noem ook die heersende monarg ouma en het “Mooi, ouma!” uitgeroep toe ’n dubbelganger van die koningin as deel van die openingsplegtigheid van die die Olimpiese Spele in 2012 met ’n valskerm neergedaal het.

George noem vermoedelik sy ouma Carole Middleton ouma. ’n Mens kan maar net raai wat hy sy stiefouma Camilla noem. Dit alles is seker verwarrend vir die prinsie.

Bronne: mirror.co.uk, dailymail.co.uk