Alle oë was gerig op die skattige prins George toe hy saam met sy ouers, prins William en hertogin Catherine, in Nieu-Seeland aankom.

Die winderige weer met hul aankoms was nie ideaal nie, en Kate het amper ’n Marilyn Monroe-oomblik gehad toe die wind haar rok laat lig het. Maar sy kon darem keer dat dit opwaai terwyl sy vir George op die heup gedra het.

Die koninklike toer is die eerste een vir die agt maande oue George. Hier is ’n paar foto’s van die koninklikes met hul aankoms in Wellington:

Kate het amper ’n Marilyn Monroe-oomblik beleef. Ten minste het sy George nie laat val nie!

George trek ’n gesig terwyl sy ouers, prins William en Kate, uit die vliegtuig klim.

Die klein prinsie lyk glad nie beïndruk nie.

Te oulik vir woorde.

Die koninklike gesin sal drie weke in Nieu-Seeland en Australië deurbring. Dis George se eerste koninklike toer.

-Petro-Anne Vlok

Bronne: getty.com, theguardian.com, channel24.com