Brittanje se prins George leer swem.

Die eenjarige koninklike kry weekliks lesse saam met sy ma, die hertogin van Cambridge (31), in die geskiedkundige swembad by Buckingham-paleis in Londen.

Iemand in die binnekring het aan MailOnline gesê: “Die hertogin bring hom nou elke week op paleis toe.”

Die swembad, aan die agterkant van die paleis, is in 1938 van ’n kweekhuis omskep is en is aanvanklik deur prins Charles, Andrew en Edward en prinses Anne gebruik toe hulle kinders was.

Wyle prinses Diana, wat van 1981 tot 1996 met prins Charles getroud was – het gereeld die swembad as deel van haar fiksheidsroetine gebruik en haar seuns, prins William en Harry, daarin geleer swem.

William, wat in 2011 met hertogin Catherine getroud is, het voorheen erken sy seun ontwikkel ’n passie vir skubaduik.

Hy is die nuwe president van die Britse Sub-Aqua-klub en het tydens ’n toespraak gesê: “Ek hoop my seun, George, gaan ook by die klub leer, maar tans in badtyd nogal ’n pyn. Maar, soos hy ouer raak, dink ek ’n masker en snorkel gaan hom laat bedaar.”

Wanneer moet jy jou kind leer swem - hier is raad