Brittanje se prins George is ’n baie mooi baba.

Die Nieu-Seelandse eerste minister, John Key, en sy gesin – sy vrou, Bronagh, seun, Max, en dogter, Stephanie – het  onlangs twee dae by die koningsgesin in Balmoral in Skotland gekuier. Koningin Elizabeth II hou haar somervakansie daar. Die Kiwi-politikus sê hy het die babaprinsie ontmoet, maar nie vasgehou nie.

John het ook die Britse koningin se bekende corgi’s ontmoet.

Hy het aan Nieu-Seeland se Herald gesê: “Die corgi’s was oral. Hulle is baie vriendelik.”

Hy het lof gehad vir die gasvryheid van die nuwe ouers, die hertog en hertogin van Cambridge, ten spyte daarvan dat hul baba hulle besig hou.