prins-george

Brittanje se prins George is as die invloedrykste Londenaar aangewys.

Die prinsie het die eerste plek behaal op die London Evening Standard se jaarlikse Power 1000-lys. Sedert sy geboorte agt weke gelede, op 22 Julie, het hy die hoofstad se grootste wêreldwye ambassadeur geword.

Die Power 1000-lys word opgestel uit alle sektore en werkkringe, insluitende die teater, tegnologie en media. Dit bring hulde aan die belangrikste duisend mense wat Londen die wêreld se skeppende en kultuurhoofstad maak.

Sarah Sands, die redakteur van die London Evening Standard, het gesê: “Londen is ’n magneet vir die res van die wêreld en ons jongste magsinwoner, prins George, is ’n tydige simbool. Hy is ons grootste toeristeaantrekkingskrag, saam met sy ouma. Daarom is hy vanjaar as die eerste onder Londenaars gekies.”

Vyf lede van die koninklike familie is onder die top-20. Die ander vier is die hertogin van Cambridge, prins William, prins Harry en koningin Elizabeth.

-Bang Showbiz

LEES MEER:

Prins William moes eerste skoon doek aansit

Prins William wil prins George Afrika toe neem

Prins George se stem glo ewe erg as ’n leeu se brul