Die lys geskenke wat tydens amptelike oorsese besoeke aan die koninklike gesin oorhandig is, is onlangs gepubliseer en dit bevat die prinsie se indrukwekkende lys geskenke.

Australië het die 18 maande oue kleinding die meeste bederf – met 603 geskenke – tydens sy besoek aan dié land verlede April. Nieu-Seeland het 120 geskenke gegee.

En as ’n koninklike se gewildheid gemeet sou word aan hoeveel geskenke hy kry, het die skattige outjie die res van sy familie omtrent uitgestof – hy het meer as enige ander lid van die koninklike gesin gekry.

Van sy geskenke sluit in:

  • ’n Sagte speelding van die Amerikaanse president Barack Obama en sy vrou Michelle.
  • ’n Snelboot wat in ’n motor omskep kan word van Sealegs International, ’n maatskappy in Nieu-Seeland wat amfibiese bote vervaardig.
  • ’n Branderplank van die burgemeester van Manly in Australië.
  • Twee droomvangers van die Kanadese.
  • ’n Paar skaapvelstewels van die Australiese lugmag.
  • ’n Sagte polisiespeelding van die Nieu-Seelandse koninklike polisiekollege.
  • ’n T-hemp en leervliegbaadjie van die menslikehulpbronraad by die Manitoba Aerospace in Kanada.

-Petro-Anne Vlok

BRONNE: dailymail.co.uk, eonline.com