Prins George van Brittanje is gistermiddag gedoop in ’n kapel by die St James paleis in London.

Dit was ’n intieme seremonie en buiten sy ouers was daar net ’n handjievol ander koninklikes, vier lede van die Middleton gesin, sy sewe peetouers en 22 ander gaste.

William het vir George sommer self ingebring en die seremonie is behartig deur die aartsbiskop van Canterbury Justin Welby.

George, wat die derde aansprakmaker op die Britse troon is, het ’n tradisionele kant- en satyndooprok gedra wat soortgelyk was aan dié wan koningin Victoria se oudste dogter, Victoria, in 1841 gedra het.

Gaste het na die seremonie by Clarence House byeeengekom vir ’n tee wat deur prins Charles aangebied is.

Vir nog foto's van die doop, besoek: http://www.dukeandduchessofcambridge.org/focus2/prince-george