Die voormalige Spice Girl het ’n hegte vriendskap gesmee met George se ma, Catherine, en is glo gretig vir ’n kuiertjie.

“Ongelukkig kan Kate nie gereeld uitgaan en met haar vriende kuier nie,” het ’n bron aan die koerant Daily Star gesê. “Die kanse is groter dat Victoria en Harper vir Kate by haar huis sal gaan kuier. Victoria dink hul kinders sal in die toekoms goeie vriende raak, nes sy en Kate is.”

Die ma van vier (39) het raad oor hoe om kinders in die kollig groot te maak en het gesê sy is beskikbaar as Catherine (31), wat voor haar troue met prins William in 2011 bekend was as Kate Middleton, hulp nodig het. “Sy weet hoe dit is om kinders in die kollig groot te maak en watter druk dit op die gesinslewe kan plaas,” sê die bron.

William (31) werk as ’n soek-en-reddings-vlieënier vir die koninklike lugmag in Anglesey, Wallis, maar sy diensplig eindig in September. Hy beplan om dan weer by die weermag aan te sluit sodat hy by sy gesin in Londen kan wees.