. Hy het glo aan gaste op sy verjaardagpartytjie gesê hoe “afgunstig” hy was op sy vriende wat reeds kleinkinders gehad het.

Prins Charles wens hy het vroeër kleinkinders gehad.

Die 65-jarige prins, wat verlede week verjaar het, het glo aan gaste op sy weelderige partytjie in Buckingham-paleis gesê hoe “afgunstig” hy was op sy vriende wat kleinkinders gehad het. Hy het ook gesê hoe verheug hy was oor die koms van sy eerste kleinseun, prins George. Die hertogin en hertog van Cambridge se eersteling is op 22 Julie vanjaar gebore.

’n Bron het aan die New York Post vertel: “Hy het gesê hoe hy dit geniet om ’n oupa te wees en hoe hy gewens het hy het vroeër kleinkinders gehad. Hy het gesê hy was afgunstig op sy vriende wat reeds kleinkinders gehad het.”

Prins Charles se vrou, Camilla, was saam met hom op die verjaardagpartytjie van R8 miljoen. Die skatryk Indiese sakeman Cyrus Vandrevala het glo daarvoor betaal.

Die 400 BBP-gaste is trakteer op ’n sjampanjeonthaal en konsert deur die Philharmonia-orkes, waarvan prins Charles al 35 jaar ’n beskermheer is.