Hy het die aantygings Donderdag ontken tydens ’n besoek aan die Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos, Switserland.

Dit was die eerste keer dat hy in die openbaar verskyn het sedert die aantygings openbaar gemaak is.

Amerikaanse prokureurs, wat ’n vrou verteenwoordig wat beweer dat sy gedwing was om seks met Prins Andrew te hê terwyl sy minderjarig was, het dokumente ingedien waarin hulle versoek dat hy onder eed op haar bewerings antwoord.

Amptenare by die Buckingham-paleis het ten sterkste ontken dat Andrew enigsins seksueel betrokke was by die vrou. Sy staan in die hofstukke slegs as Jane Doe No. 3 bekend.

Die vrou beweer in die hofstukke dat die ontkennings onwaar is.

- Sapa