Hy is ryker as koningin Elizabeth, regeer oor ’n sondeurdrenkte grondgebied waar die superrykes koning kraai, besit ’n glinsterende paleis en ken Alyssterre oor die aarde heen.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot gaan kyk ons waarom prins Albert van Monaco as een van die hubaarste vrygeselle ter wêreld beskou was voor Charlene Wittstock sy goed geskoeide voete onder hom uitgeslaan het.

Albert (53) se naam verskyn negende op Forbes se lys van die rykste koninklikes ter wêreld, met ’n fortuin van R6,8 biljoen.

Dis dubbel die persoonlike rykdom van Brittanje se heersende monarg – koningin Elizabeth besit maar net R3,4 biljoen.

Albert se fortuin het wel sedert 2009 met R2,7 biljoen gekrimp, want nes baie koninklikes is hy ook deur die wêreldwye resessie geraak.

Lees meer in die Huisgenoot van 7 Julie en sien foto’s van die indrukwekkende paleis in Monaco. 

Volg Huisgenoot op Twitter.