in GAME Retail Ltd. se opname ter viering van die uitreiking van hul nuwe videospeletjie Call of Duty: Ghosts Freefall.

Die rooikopprins het die sokkerlegende David Beckham en ’n klomp Olimpiese medaljewenners die loef afgesteek. Al het die 29-jarige koninklike ’n duidelike voorsprong gehad met dié dat hy agt jaar weermagdiens agter sy naam het, was die atleet Jessica Ennis, die bokser Nicola Adams, die oudsoldaat en TV-aanbieder Bear Grylls en die kampioenfietsryer sir Chris Hoy kort op sy hakke.

Ailsa McKnight, GAME se bemarkingsdirekteur, sê: “Prins Harry is nie net ’n militêre man nie; hy is ook ’n geesdriftige speler en iemand op wie die publiek meen hulle kan staatmaak in ’n gespanne situasie wanneer ander mense eenvoudig nie die mas kan opkom nie.

“Daar is niemand beters om aan jou kant te hê as jy Call of Duty: Ghosts speel nie, en ons sal sorg dat hy een van ons eksklusiewe kopieë van die Free Fall Edition kry.”

Die vurige X Factor-beoordelaar Sharon Osbourne het ook die top-10 gehaal. So ook die glanssjef Gordon Ramsay, paralimpiese atleet David Weir en Walliese rugbykaptein Sam Warburton.

Tesame met die verrassende lys waarvoor die Britse publiek gestem het, het GAME ook die wenners in die minder vleiende kategorie Army Duds bekendgemaak. Dit is ’n lys van die land se bekende soldate wat die minste vertrou word.

Terwyl politici soos David Cameron, Nick Clegg en Ed Milliband die onderste helfte van die lys bevolk, oorheers werklikheidsterre dié kategorie. The Only Way is Essex-hartebreker Joey Essex is as die slegste oorlogsmsaat aangewys met sy medester Gemma Collins en Made in Chelsea-skurk Spencer Matthews kort op sy hakke.