Aan boord was ’n groep wat na bewering vir sowat ’n uur met die warmballon sou vlieg. Kontak met die ballon is glo na sowat 26 minute verloor. Aanvanklik het berigte ingestroom van ’n moontlike motorongeluk. Maar toe lede van die plaaslike polisie op die toneel kom, het hulle die mandjie van ’n lugballon in vlamme gehul gevind. Kort voor lank het die skoknuus bekend geraak het dat daar geen oorlewendes is nie.

Die name van die oorledenes was teen laat Saterdagaand nog nie bekend nie, maar daar word vermoed dat minstens 16 mense tydens die pretvlug gesterf het. Lynn Lunsford van die Federale Lugvaartadministrasie het gesê die warmlugballon het in ’n weiveld neergestort. Wrakstukke van die ballon is direk onder hoë-kragleweringskragkabels gevind.
Dit is onseker wat tot die ramp gelei het.
Die goewerneur van Texas, Greg Abott, het sy simpatie met die naastes van die oorledenes uitgespreek.

Dit is in alle waarskynlikheid die grootste warmlugballonramp sedert 2013 toe 19 buitelandse toeriste in Luxor, Egipte, gesterf het toe hul warmlugballon neergestort het.

Bronne: statesman.com, telegraph.co.uk, bbc.co.uk