Twintig adrenaliensoekers moes onlangs vir omtrent drie ure byna ’n 100m in die lug hang nadat die rit waarop hulle was onverwags gaan staan het, het The Telegraph berig.

Die WindSeeker by Knott’s Berry Farm in Kalifornië is veronderstel om passasiers hoog in die lug teen 45 grade in die rondte te draai, maar ná iets fout gegaan het kon die insittendes net styfsit, bene swaai en wag.

Meer as drie ure later kon die pretpark die hulpelose passasiers na die grond toe bring. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Kyk die video hier: